Broadway (teater)

The Lion King in 2003 by die New Amsterdam-teater op Broadway.

Broadway verwys na opvoerings in 40 professionele teaters met 500 of meer sitplekke elk in die Teaterdistrik van Manhattan in New York, Amerika.[1] Saam met Londen se Weseinde-teaters word dit beskou as die hoogste vlak van kommersiële teater in die Engelssprekende wêreld.

Die Broadway-teaterdistrik is ’n gewilde toeriste-attraksie in New York. Volgens die Broadway-liga, ’n liggaam waartoe die meeste teatereieneaars en -vervaardigers behoort, is kaartjies van $1,27 miljard (sowat R14,5 miljard) in die 2013-'14-seisoen verkoop, ’n toename van 11,4% van die 2012-'13-seisoen. Sowat 12,21 miljoen mense het opvoerings bygewoon, ’n toename van 5,5%.[2]

  1. Pincus-Roth, Zachary. "Ask Playbill.com: Broadway or Off-Broadway—Part I" Playbill.com, 7 Februarie 2008
  2. "Broadway Calendar-Year Statistics" (in Engels). Broadway-liga. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 20 Julie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search